... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Plan Vir Môre

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 12:16-19 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’

Listen to the radio broadcast of

‘n Plan Vir Môre


Download audio file

Dit is regtig snaaks, dat alhoewel ons weet dat ons eendag van hierdie lewe na die volgende sal oorgaan, leef ons daagliks asof ons vir ewig op hierdie aarde gaan lewe. Ons het planne vir môre, vir volgende week, vir volgende maand en selfs vir volgende jaar. Maar eendag sal elkeen van daardie vooruit- beplande-inskrywings in ons dagboeke heeltemal betekenisloos word.

Die vraag wat ons onsself dus moet afvra, is dit: Is ek gereed om te gaan? Wel, is jy? Want hoewel ons almal hoop om ‘n lang en gesonde lewe te lei, is dit dalk glad nie God se plan nie.

Onthou jy Jesus se gelykenis van die ryk dwaas wie se lande oorvloedig geproduseer het?

Lukas 12:17-19 Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: “’n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’

Kyk na sy taal – dis die ene ‘ekke’! Ek, ek, ek … Wat ‘n groot sukses het ék geword! Ék sal doen wat die wêreld my geleer het om te doen, ék sal my rykdom opgaar, ék sal ‘n goeie lewe lei en ék sal myself gelukkig maak.

Ja my vriend, die ou het ‘n plan gehad vir alles in sy lewe, behalwe vir die ewigheid. Ons sal môre sien hoe dit vir hom uitgewerk het, maar kan ek jou maar die volgende vra: is jy gereed om te gaan? Is jy gereed om jou Maker te ontmoet?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.