... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leef Jou Geloof Uit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:5,6 Ek dink terug aan jou opregte geloof. Eers het jou ouma Loïs en jou ma Eunice hierdie geloof gehad en – daarvan is ek seker – jy het dit ook. Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas.

Listen to the radio broadcast of

Leef Jou Geloof Uit


Download audio file

Hier is ‘n tameletjie. As jy iemand is wat in Jesus glo, hoe weet jy dat jou geloof in Hom die ware Jakob is? Want daar is dae wanneer jou geloof redelik treurig lyk, nie waar nie?

En kyk, ons ervaar almal sulke dae, ek ook. Miskien is dit ‘n vreemde ding vir ‘n predikant om te erken, maar dit is waar. Maar wanneer ek onthou dat ‘n mosterdsaadjie van geloof al is waarvoor Jesus vra, en dat dinge nie van die grootte van my geloof afhang nie, is ek so dankbaar!

Ja, dis waar, maar weet jy, daar is iets wat ek en jy kan doen wat sal help om enige twyfel uit die weg te ruim. Iets wat ons met oorwinning vorentoe sal lei om God se plan vir ons lewens te ervaar. Hier is wat die apostel Paulus aan die jong Timoteus skryf:

2 Timoteus 1:5,6 Ek dink terug aan jou opregte geloof. Eers het jou ouma Loïs en jou ma Eunice hierdie geloof gehad en – daarvan is ek seker – jy het dit ook. Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas.

Die kern van die saak is: geloof sonder werke is dood. Dit is hoekom God wil hê dat jy die gawe wat Hy vir jou gegee het, moet gebruik. Daardie unieke vermoë, daardie een ding wat jy beter kan doen as omtrent enigiemand anders wat jy ken. Want soos jy daardie gawe gebruik om ander, tot sy eer te dien, sal daardie klein geloofsvlammetjie in ‘n verterende vuur opvlam.

Moenie vergeet om die geestelike gawe, wat God jou gegee het, te gebruik nie! 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.