... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Liefde Vergaan Nooit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Listen to the radio broadcast of

Die Liefde Vergaan Nooit


Download audio file

Ons het ‘n wonderlike vermoë om te fokus op die dinge wat op die ou end glad nie saak maak nie. En as hulle op die lange duur nie saak maak nie, moet jy jouself afvra: is die dinge dan werklik belangrik? Moet hulle nou regtig vir my saak maak?

Een van my vriende se vrou, het op ‘n dag, toe hul kinders al groot was, hom ingelig dat sy hom gaan verlaat. Sy het geen spesifieke rede verskaf nie. Sy wou net ‘n nuwe lewe begin.

Terwyl hy besig was om sy goedjies in sy huis op te pak en al die besittings wat vir hom kosbaar is, in bokse te pak, was hy moedeloos. Maar sy bejaarde pa het hom wyse raad gegee: “Seun,” het hy gesê, “dit is net aardse goed.”

Het jy al ooit stil gesit om te dink hoe belangrik dinge, wat nie regtig saak maak nie, vir jou geword het? Jy laat toe dat jou loopbaan, jou vermoëns, jou reputasie … en jou besittings … jou fokus word; terwyl jy die Een ding, wat hulle almal sal oorleef, die Een wat Ewig is, afskeep en toelaat om te verwaarloos.

1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Terwyl jy jou pad deur die lewe na jou uiteindelike bestemming loop, smeek ek jou om nie ten koste van die Ewige, op die tydelike te fokus nie; om nie toe te laat dat die Belangrikste deur die onbelangrike verdring word nie; om nie toe te laat dat Liefde deur goed verplaas word nie.

Jy weet tog, dat al daardie ander dinge tot ‘n einde sal kom. Maar Liefde, die grootste van alle dinge, sal nooit eindig nie. Leef ‘n lewe van liefde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Receive the FRESH devotional daily.

Dive deeper into God’s Word and grow closer to Jesus.

I want to receive God's Word FRESH daily!