... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ongelooflik, Wonderlike Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

Listen to the radio broadcast of

Ongelooflik, Wonderlike Genade


Download audio file

Genade is deesdae ‘n seldsame kommoditeit. Die wêreldstelsel verwag van jou om te konformeer en te presteer. Dit verwag van jou om jou ou klein rolletjie as ‘n onbeduidende ou ratjie in sy masjien te speel.

As dit net ‘n bietjie te verdoemend klink, kyk maar om jou rond. . . Hoe vergewensgesind is ons sosiale stelsels en jou sogenaamde ‘rolmodelle’ teenoor jou? Hoe gereeld sien mense jou mislukkings oor die hoof? Hoe gereeld prys iemand jou? Moedig iemand jou dikwels aan?

Nee my vriend, dit is ‘n onvergewensgesinde wêreld waarin ons leef. Konformeer, presteer of gee pad. Ja-nee, genade kan jy nie sommer agter elke bos uitskop nie … daar is net een plek – by Jesus.

Johannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

Dit is inderdaad sterk gestel. Ten spyte van al ons foute, ten spyte van ons rebellie, inderdaad as gevolg daarvan, het God vir Jesus gestuur sodat Hy sy genade, sy onverdiende guns, weer en weer en weer oor ons kon kom uitstort.

Soos Billy Graham eenkeer gesê het: God neem die swakkes en maak hulle sterk. Hy neem die verfoeilikes en maak hulle skoon. Hy neem die geringes en maak hulle kosbaar. Hy neem die sondiges en maak hulle sondeloos.

Dit is verskriklik maklik om die woord, “genade” so gereeld en so maklik af te rammel, dat ons die grootsheid daarvan, sy heerlikheid, die ewige gevolge van oorvloedige seën in ons lewens, uit die oog verloor.

Kan ek jou vandag aanmoedig om na Jesus te kyk, om in sy Teenwoordigheid te wees, om oorweldig te word en om van Hom genade, op genade, op genade te ontvang.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.