... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.

Listen to the radio broadcast of

Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie


Download audio file

Ek is seker jy het opgemerk dat mense deesdae baie kwaad in hulle ronddra. Ja, ek weet, daar is inderdaad genoeg dinge in die wêreld aan die gang om ‘n mens die hele tyd kwaad te maak: mense, politiek, omstandighede, houdings, noem maar op.

Woede kom dikwels na vore wanneer ons onder druk is. Iemand kyk jou net skeef aan, en dan byt jy sy kop af. Natuurlik is woede soms geregverdig. Jy is sekerlik tog daarop geregtig om kwaad te word wanneer iemand leuens oor jou vertel? Verseker!

Ja, en ons weet dat selfs God uiteindelik kwaad word, al is Hy genadig en stadig om kwaad te word. Maar daar is twee dinge wat ons in ons woede doen, wat ons nooit moet doen nie.

Efesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.

Wanneer ons nie ons woede beheer nie, laat die duiwel ons eerstens sondig deur beheer te verloor; om wraak te neem; om iemand in gelyke munt te wil terugbetaal of om af te daal tot die vlak van dié een wat dit in die eerste plek veroorsaak het.

Die tweede ding wat die duiwel doen, is om vir die res van die dag daardie swart wolk oor ons te laat hang. En die tragiese ding is dat daardie onweerswolk van onvergewensgesindheid by sommige mense, tot ‘n wortel van bitterheid ontwikkel … en hulle vir die res van hul lewens treiter! Maak dit ooit sin? Nee. Jou onvergewensgesindheid maak daardie persoon wat jy weier om te vergewe, moontlik die mees invloedryke persoon in jou lewe. Is dit slim?!

Meer nog: dit maak die deur vir die duiwel wawyd oop om jou lewe te verniel en jou afwaarts te laat tol. Hierso is ‘n woord van waarskuwing: Moenie deur jou woede vir die duiwel ‘n vatkans gee nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.