... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Heeltemal Waardeloos

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 9:25,26 “Wat help dit 'n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele.

Listen to the radio broadcast of

Heeltemal Waardeloos


Download audio file

Die aanloklikheid van al die dinge wat geld kan koop, word by die dag groter. Ons ekonomiese stelsels word al hoe vaardiger om ons van ons swaarverdiende geldjies te skei.

Slimfone, motors met verhitte en lugversorgde sitplekke, ontwerperskoene, vyfster-avonture … enigiets en nóg wat, is teen ’n prys joune.

My ma het ‘n relatief eenvoudige lewe gelei. Sy het nie veel gehad nie, maar toe sy oorlede is, was dit my verantwoordelikheid om haar goedjies op te pak. Ons het so ‘n paar goed gehou, maar die meeste het na die stortingsterrein gegaan. Dit laat jou diep nadink oor die goed wat jy het. Is jy te geheg daaraan? Wil jy dalk nog meer daarvan hê? In watter mate het jou besittings die verloop van jou lewe bepaal?

Lukas 9:25,26 “Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele.

Tot op ‘n stadium het ons almal goed nodig, maar ons kan so vasgevang in die versameling daarin raak, so gedrewe wees om meer aan te skaf, dat Jesus ewe skielik die agterste sitplek in ons lewens moet inneem. En soos ons meer gedryf word deur ons besittings en dit wat ons nog wil kry, leef ons ons lewens al hoe minder vir Hom. Ons raak selfs skaam om ter wille van Hom anders te wees.

Moenie dat dit met jou gebeur nie. Al daardie goed sal niks werd wees op daardie dag wanneer jy in sy heiligheid voor Hom staan nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.