... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Jy In Die Moeilikheid Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 138:7,8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Jy In Die Moeilikheid Is


Download audio file

Daar is tye in ons lewens wanneer die vermoë om met vertroue op die beloftes van God te staan, werklik belangrik is. Ja, ek weet dis altyd belangrik, maar dit voel ekstra belangrik wanneer ons moeilike tye ervaar.

Wanneer laas het ‘n moeilike situasie jou voete totaal onder jou lyf uitgeslaan? Benoudheid, teëspoed, ellende, angs, verdrukking … noem dit maar wat jy wil, moeilikheid is geneig om jou geloof tot in die kern te skud – om jou vertroue in God te skud. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike reaksie.

Daarom is dit selfs belangriker om in tye van moeilikheid met vertroue op die beloftes van God te staan. En hier getuig een man, koning Dawid van Israel, wat dikwels vir sy lewe moes vlug, van sy vertroue in God:

Psalm 138:7,8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

Kan ek jou ‘n vraag vra? Waar is Dawid vandag? Wel, hy is nie hier nie. Hy het uiteindelik gesterf, soos ons almal ook eendag sal. God het immers ‘n tyd en ‘n doel daarmee, ook vir jou en vir my.

Maar as jy na Dawid se lewe kyk, het God hom keer op keer die wysheid, die leiding, die vertroue en die voorsiening gegee om in sy tye van benoudheid te oorleef.

God sal, in hierdie tyd tussen vandag en wanneer Hy jou, net op die regte tyd, huis toe roep, sy hand na jou uitsteek om jou uit jou moeilikheid te verlos. Want, my vriend, sy onwrikbare liefde vir jou, duur tot in ewigheid en Hy sal nie die werk van sy hande laat vaar nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


Receive the FRESH devotional daily.

Dive deeper into God’s Word and grow closer to Jesus.

I want to receive God's Word FRESH daily!