... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Watter Soort Buurman is Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 22:1,2 Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee.

Listen to the radio broadcast of

Watter Soort Buurman is Jy?


Download audio file

Bure het ‘n snaakse manier om jou geduld te beproef. Of dit nou ‘n blaffende hond, boomwortels onder die heining, sigaretrook of ‘n grensgeskil is, om ‘n goeie buurman te wees, kan nogal ‘n uitdaging wees.

Ons het ongetwyfeld almal al in daardie moeilike situasies foute gemaak. Maar alhoewel dit baie belangrik is om die vrede te bewaar, het God ‘n veel hoër roeping op ons, as bure.

Deuteronomium 22:1,2 Jy mag jou nie blind hou wanneer jy ‘n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee.

Nee, wag nou Berni, ek is nie bewus daarvan dat my bure osse of skape aanhou nie! Maar onlangs het ‘n koerier ‘n rekenaarskerm in ‘n kartondoos langsaan afgelewer, en omdat my buurvrou nie tuis was nie, het hy dit net daar buite in die reën gelos. Toe ek dit sien, het ek uitgehardloop, en nogal nat geword, maar ek het daarin geslaag om die afgelewerde item te red, waaroor my bure baie dankbaar was. Dit het my niks gekos nie, maar dit was vir my buurvrou baie werd.

Die kern van die saak is dat ons geroep word om bedag te wees op ons bure. Nie net om die vrede te bewaar nie, maar om proaktief te wees, om uit ons pad te gaan vir hulle. Want daardie soort praktiese hulp is ‘n kragtige getuienis van die liefde van ons God, van wie ons getuig dat ons in Hom glo.

Dis reg! Moenie die volgende keer anderpad kyk as jy sien dat jou buurman se bees of skaap los is nie. Maak seker dat jy dit na sy eienaar terugneem.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.