... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie die Struikelblok Wees Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 17:1-3a Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede.

Listen to the radio broadcast of

Moenie die Struikelblok Wees Nie


Download audio file

Een van ons ou vriend, die duiwel, se gunsteling leuens is dat “klein sondetjies” nie saak maak nie. Ja wat, gaan maar voort, niemand sal agterkom nie! Dis net so ‘n bietjie sonde. Ag nee wat, dis eintlik glad nie sonde nie!

Dit is ‘n leuen wat hy oor en oor, vir enigiemand en almal wat Jesus liefhet, sal fluister. Dit is amper die perfekte leuen, want dit maak soveel sin, want dit sus jou wanneer jy regtig wil toegee aan iets wat na ‘n onbenullige versoeking lyk. Niemand sal agterkom nie! Dit sal niemand seermaak nie!

Maar sonde kom altyd op die lappe en sonde het altyd gevolge. Een van daardie gevolge het ‘n rimpeleffek. Jou piepklein, klein-klein, klein sondetjie vorm golwe met groot potensiaal om ander in die versoeking te lei om jou te volg.

Wanneer jy binne hoorafstand van jou gesin kerm, is die mees waarskynlike uitkoms dat hulle by jou sal leer om te kerm en te kla. Wanneer jy iemand beswadder, is daar ‘n groot kans dat die een of ander jong Christen jou slegte gewoontes sal aanleer. En dit is iets wat Jesus in ‘n baie ernstige lig beskou.

Lukas 17:1-3a Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede.

Wanneer ons ander laat sondig, word ons in werklikheid ‘n instrument van die duiwel, die versoeker, wie se missie dit is om God se kinders op ‘n dwaalspoor te lei. Dit is hoekom Jesus dit so ernstig opneem.

Wees eerder sout en lig in hierdie bose wêreld.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.