... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Daar is Krag in hierdie Belofte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Listen to the radio broadcast of

Daar is Krag in hierdie Belofte


Download audio file

Watter doelwit het God aan jou gestel vir jou lewe – die tyd tussen vandag en die dag wanneer jy jou laaste asem uitblaas? Hoekom het Hy jou op hierdie aarde gelos, eerder as om jou in heerlikheid na Hom, huis toe te neem?

Dit is uitdagende vrae, want soos ons daagliks deur die dinge wat ons moet doen om te oorleef, verteer word, is dit so maklik om ons fokus van sy doelwit, na ons eie behoeftes te verskuif. Ja, en laat ons eerlik wees; daar is deesdae ‘n klemverskuiwing – die moderne mens is so geneig om hoofsaaklik op sy eie wense, sy eie begeertes en sy eie gemak te fokus.

Maar as jy een van daardie eksentrieke ouens soos ek is, wat uitverkoop is om Jesus te volg, om Hom te aanbid … is daardie verskuiwing in fokus nie regtig ‘n opsie nie.

Nadat Jesus gesterf het, opgestaan het en na die hemel opgevaar het, kon die dissipels redelik maklik vir hulself gesê het: Wel, dit was nogal ‘n ervaring, was dit nie? Wonderlik. Nouja, kom ons gaan nou huis toe, slaap in ons eie beddens, gaan aan met ons lewens en leef tot ‘n gemaklike ouderdom met ons goeie herinneringe aan Jesus.

Maar dit is nie ‘n opsie wat Hy vir hulle gegee het nie! In plaas daarvan het Hy vir hulle gesê…

Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Jesus het sy dissipels agtergelaat om die wêreld van sy liefde te gaan vertel. En Hy het hulle krag belowe, ware krag, Heilige Gees krag, om hulle te bemagtig om juis dít te doen.

My vriend, Jesus het jou nie agtergelaat om handjies gevou te sit en ‘n gemaklike aftrede te hê nie, maar om die wêreld van sy liefde te vertel. En Hy het jou die Heilige Gees belowe om jou die krag te gee, om presies dít te doen.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.