... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waar Vind ‘n Mens Rus?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 11:28-30 Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Waar Vind ‘n Mens Rus?


Download audio file

Watter beeld kom by jou op as ek die woord “rus” noem. Sit jy iewers op ‘n tropiese strand, met palmbome wat saggies in die briesie wieg? Miskien sien jy jouself knus in jou bed, gereed vir ‘n goeie nagrus? Wat beteken daardie woord “rus” vir jou?

Natuurlik moet ons elkeen op ‘n gereelde basis ‘n breek van ons harde werk neem. En, ja, ‘n goeie nag se slaap is baie belangrik vir ons gesondheid en welstand. Maar jy kan nie jou hele lewe vakansie hou of in die bed deurbring nie. Die lewe is daar om geleef te word.

Dit is juis wat Jesus vir ons wil leer wanneer Hy met ons praat oor die rus, die diep, blywende rus wat Hy ons wil gee.

Matteus 11:28-30 Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.” (NLV)

Jesus praat van ‘n juk. ‘n Juk is nie ‘n dekstoel op ‘n groot plesierboot nie, maar ’n raamwerk wat oor die skouers van osse geplaas word om die las te versprei sodat hulle groot gewig kan hanteer.

Met ander woorde, skouer-aan-skouer met Jesus se liefde, sy wysheid, sy wyse raad – saam met Hom ingespan … om die lewe te leef en om alles te doen waarvoor Hy jou geroep het. Dít is waar Hy begeer dat jy rus vir jou siel moet vind.

‘n Ruskansie van die stres van die lewe is goed, maar dan moet ons aangaan met die lewe saam met Jesus … Neem my juk op julle skouers.en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.