... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vervulling vir Jou Siel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 63:6-9 U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind u regterhand hou my staande.

Listen to the radio broadcast of

Vervulling vir Jou Siel


Download audio file

Tevredenheid. Bevrediging. Vervulling. Daardie drie woorde spreek van volledigheid, van welstand, van die lewe wat elkeen van ons so graag wil hê … maar van ‘n lewe wat die meeste mense nooit smaak nie.

Ek wonder of jy my vir ‘n oomblik sal vergewe, maar dis vandag my vyf en sestigste verjaardag. Dis vyf en sestig jaar sedert ek, op die 15de Maart 1959 gebore is! Ek is nou ouer as 90% van die mense wat vandag op die planeet lewe.

Dit beteken ook dat ek oor die jare baie lewenservaring opgedoen het. My grys hare getuig daarvan, nè? Ja, my oë het baie gesien, my verstand het baie gewerk, my hart het gejuig en ook baie gely.

En met al die water wat in my leeftyd in die see geloop het, kan ek uit ondervinding vir jou sê dat al die rykdom, al die sukses en selfs al die beroepserkenning onder die son, nie vir ons tevredenheid, bevrediging en vervulling kan gee nie. Daar is net Een wat kan:

Psalm 63:5-8 U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind u regterhand hou my staande. (NLV)

Koning Dawid het hierdie Psalm in die barre woestyn van Judea geskryf. Voorwaar ‘n onherbergsame plek. Dit is blykbaar ‘n goddelose plek. En tog, was dit op daardie plek waar sy siel, soos met ‘n ryk feesmaal, versadig is.

Tevredenheid. Bevrediging. Vervulling. Op Een plek. By God self.

My siel kleef aan Hom; Sy regterhand hou my vas.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.