... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wag Daarvoor

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.

Listen to the radio broadcast of

Wag Daarvoor


Download audio file

Ons het in die weermag ‘n gesegde gehad: “Maak gou en wag.” Dit het gelyk of ons altyd aangejaag word om betyds iewers te wees, net om ure lank te staan en wag vir iets om te gebeur.

Ag nou ja, ons weet almal dat daardie “maak gou en wag”- irritasie nogal baie in die lewe voorkom. Jy voel onder druk om iewers te kom, om iets te doen … en net daar word jy, deur omstandighede buite jou beheer, vertraag.

In ons 24/7 aanlyn-digitale-wêreld verwag ons dat dinge onmiddellik moet gebeur. Hoe tree jy op wanneer jy vir ‘n halfuur lank na ‘n oproepsentrum se ‘ons-is-nou-by-u’ boodskap moet luister? Ja, ons weet. Ons is nie meer so geduldig om vir dinge te wag nie.

En tog, om redes wat net aan Homself bekend is, is die idee om te wag vir God belangrik. Nie die soort wat ons laat murmureer, terwyl ons na daardie herhalende boodskappe luister nie, maar dié soort wat ons geduld bou, wat ‘n ontvanklike hart in ons kweek.

Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.

Ja, terwyl ons wag vir ‘n antwoord op gebed, wag Hy ook. Hy wag om genade aan ons te betoon. Hy wil ons seën. Nou waarvoor wag Hy?

Ons kan nie heeltemal seker wees nie, maar ek is redelik seker Hy wag vir die regte tyd, sy tyd, die tyd wanneer ons hart uiteindelik gereed is. Hy sal die regte ding op die regte tyd doen. Hy sal elkeen seën wat op sy hulp wag.

So … wag daarvoor.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.