... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Wraak Neem Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Levitikus 19:17,18 Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie. Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Wraak Neem Nie


Download audio file

In ‘n oomblik van woede, wanneer jy totaal oorbluf is oor die vreeslike onreg wat iemand jou so pas aangedoen het, lyk die begeerte na wraak so aanloklik en logies.

Konflik is ‘n feit van die lewe. Dit gebeur in gesinne. Dit gebeur in gemeenskappe – hoe gereeld was daar nie al grensgeskille tussen bure nie? Dit gebeur by die werk, in kerke … dit gebeur oral. Mense sien dinge anders; dit ontplof en daar ontstaan konflik. Een persoon doen ‘n ander ‘n onreg aan; dit ontplof daar ontstaan konflik.

En soos ek gesê het, op daardie oomblik is die idee van wraak so ongelooflik aantreklik. Gister het ons gesels oor Jesus se opdrag vir ons om diegene te vergewe wat verkeerd aan ons gedoen het:

Lukas17:3 “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ‘n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”

Kom ons hoor vandag hoe God weer in hierdie ruimte van konflik praat:

Levitikus 19:17,18 Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie. Jy mag nie wraak neem of ‘n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Om te haat is buite die kwessie, dit spreek vanself. Bespreek die situasie eerlik met diegene met wie jy in konflik is, ongeag wat die probleem is. Jy mag nie wraak neem of ‘n grief koester … nie. Maar in plaas daarvan, moet jy, op daardie oomblik wanneer die versoeking om wraak te neem jou siel beetpak, (is jy gereed om die oplossing te hoor?) … jou naaste liefhê soos jouself.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.