... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Perfekte Landing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.

Listen to the radio broadcast of

Die Perfekte Landing


Download audio file

Weet jy dat navorsing vir ons sê dat die meeste mense wel bid. Maar het jy al ooit gedink aan wat met jou gebede gebeur wanneer jy bid? Verdwyn hulle net in die niet? Hoe sien God hulle? Watter impak het hulle?

Ek vermoed dat baie mense nie eers daaraan dink nie. Hulle gooi hulle gebede op boontoe, met die hoop dat dit iewers land. Het jy al daaroor gewonder? Het jy al ooit gewonder hoe jou gebede in die hemelse ryk lyk?

In die wonderlike boek Openbaring, skets God ‘n verrassende prentjie van ons gebede:

Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het ‘n siter gehad en ‘n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.

Ons gebede is soos bakke vol wierook voor Jesus. Wat ‘n heerlike prentjie; dink net – ons gebede styg op na Hom! Maar wat van hulle impak hier op aarde? Ek is so besiel deur iets wat Lowell Wertz, my goeie vriend en lewenslange sendeling in Afrika, onlangs geskryf het:

“Gebedskommunikasie met die Vader word deur Hom verwelkom en dit is ‘n vertroosting vir ons. Ons bid omdat ons God nodig het en Hom liefhet. En Hy wil van ons hoor. Ons gebede word in die hemel verhoor. Ek wil julle vertel van ‘n intense gebed wat ek as ‘n onervare vlieënier te midde van ‘n groot storm gebid het, toe ek op ‘n smal grond aanloopbaan in Afrika, moes land. Die sig was zero en ek het kliphard gebid en later geskree om bo die geluide van die enjin en die reën gehoor te word. Maar die Heilige Gees het die kajuit gevul en die landing was perfek.”

Jou gebed word in die hemel verwelkom en het ‘n kragtige impak hier op aarde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.