... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geloof Wat die Wêreld Oorwin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 11:29-34 Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het. Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie. En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag.v

Listen to the radio broadcast of

Geloof Wat die Wêreld Oorwin


Download audio file

Kom ek vra jou wat jy van die volgende stelling dink: Enige Christen wat nie besef dat hulle op ‘n geestelike slagveld leef nie, mis die punt heeltemal. Heeltemal! Stem jy saam, of nie?

Selfvoldaanheid is die dodelike vyand van die nuwe lewe waarvoor Jesus vir ons gesterf en opgestaan het. Ons wil dit dalk nie hoor nie, maar dit is hoekom so baie mense die ryk, oorvloedige lewe wat Hy vir hulle beplan het, misloop.

Kom ons gee ‘n tree terug. Hoe sou dinge verloop het as Israel nooit die Jordaanrivier na die Beloofde Land oorgesteek het nie? Wat sou gebeur het as hulle nie geglo het nie en in hul gemaksone gebly het?

Hebreërs 11:29-34 Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het. Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie. En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag.

Israel het nie net die Beloofde Land binne gewals nie. Hulle moes … veldslag vir veldslag daarvoor veg. En kyk na die res van God se mense in hierdie aangehaalde verse. Die geloofswandel was maar die een stryd op die volgende. Dit was nie maklik nie!

Dit is hoe dit nog altyd was. Moenie selfvoldaan wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.