... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Aanstoot Neem Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moenie Aanstoot Neem Nie


Download audio file

Wanneer iemand verkeerd teenoor jou optree, is dit so maklik om aanstoot te neem. Trouens, in ‘n wêreld wat al hoe meer oorheers word deur ‘n gevoel van selfgeregtigheid, word die neiging om aanstoot te neem, ‘n outomatiese reaksie.

Maar laat ons net ‘n bietjie stilstaan en aan die kere wat ons ons sleg gedra het, dink. Wat het veroorsaak dat ons so opgetree het? Wel, dit kan een van talle dinge wees. Miskien het ‘n situasie ‘n ou wond uit die verlede oopgekrap, ‘n sensitiewe plek in ons harte aangeraak of miskien selfs ‘n litteken?

Of dalk het ons onder die druk, waaronder ons so dikwels verkeer, geknak. Of dalk is dit die feit dat ons onvolmaakte mense is wat foute maak.

En daardie redes geld nie net vir jou en my nie, maar ook vir diegene rondom ons, wat van tyd tot tyd verkeerd optree. Daardie outomatiese reaksie om aanstoot te neem lyk al hoe minder geregverdig, of hoe? Miskien is daar ‘n ander manier.

Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV)

Ons kan dus aanstoot neem, of ons kan die mense wat ons te nakom met hul probleme help. Ons kan hulle help om hulle snellers, hulle gevoel van minderwaardigheid en hulle mislukkings te hanteer, deur nie te oordeel nie, maar om empatie te hê.

Die meeste mense is nie slegte mense nie. Hulle slegte gedrag word altyd deur iets anders veroorsaak. Hoe hanteer ons so ‘n situasie? Word ons hooghartig en veroordeel hulle of neem ons aanstoot? Dis tog onaanvaarbaar. . .

Soos iemand eenkeer gesê het: jy hoef nie met kwaadwilligheid en met voorbedagte rade te beplan om mense seer te maak nie. Die afwesigheid van empatie en begrip is meer as voldoende om dit reg te kry!

Help hulle met hul probleme. As jy dink jy is te belangrik om dit te doen, flous jy net jouself.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.