... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorkom Struikelblokke

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

Listen to the radio broadcast of

Oorkom Struikelblokke


Download audio file

Ek is redelik seker dat ons almal met die teorie saamstem dat indien jy die bul by die horings pak, die saak goed hanteer en korrek reageer, lyding ‘n belangrike boublok in die vorming van jou karakter word. Maar wanneer dit by ons eie lyding kom, kan die teorie en die praktyk nogal dramaties van mekaar  verskil.

Die probleem met die teorie is dat dit rasioneel is. Dit leef in jou gedagtes, terwyl lyding jou emosies; jou hart aanval. Dit is hoekom ons sukkel om dít wat ons glo waar is, te midde van ons lyding, toe te pas.

Baie keer in die lewe moet ons struikelblokke oorkom; daardie wonde diep binne-in ons siel en ook die aanvalle wat van buite af kom.

Het jy opgelet hoe alleen jy tydens daardie proses voel? Twyfel sluip in. Ander mense verstaan nie waardeur jy gaan nie, en jy voel magteloos.

Maar weet jy, ek wil vir jou sê dat jy net daar een van die kosbaarste geleenthede wat God jou ooit sal gee, gaan ervaar?

Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

Die apostel Paulus het toe hy daardie woorde geskryf het, ontsettende lyding ervaar; sy lewe was voortdurend bedreig. Sou jy in so ‘n lewensbedreigende situasie briewe aan gemeentes kon skryf? Maar hy hét, want dit was op daardie plek wat hy ontdek het dat niks – niks! – hom van die liefde van Christus kan skei nie. Hy het uit sy eie ervaring geleer dat … ons in al hierdie dinge meer as oorwinnaars is deur Hom wat vir ons liefhet.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag