... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Reddende Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie

Listen to the radio broadcast of

Reddende Geloof


Download audio file

Geloof is ‘n wonderlike gawe om te hê, veral as ons geloof in iets of iemand is wat nooit sal misluk nie. Maar hoe goed hou jou geloof stand tydens die soet en suur van die lewe? Is dit rotsvas, of is jou paadjie so nou en dan ‘n bietjie glibberig?

Wanneer ons die wind van voor af kry, is een van die grootste probleme dat ons begin twyfel of God ons nog liefhet en of ons sonde en ons omstandighede dalk ons ewigheid saam met Hom in gevaar gestel het.

Jou vyand, die duiwel, wil ‘n wig tussen jou en die rotsvaste, onwrikbare genade van God, wat jou vandag, môre en vir altyd veilig sal hou, indryf. En hoe dieper daardie wig ingaan, hoe erger word die gevoel dat ons al hoe verder van God af wegdryf.

Ek weet dat daar vandag iemand, iewers in die wêreld is, wat hierdie boodskap kyk, luister of lees, wat só voel. En indien jy nie vandag ver van God af voel nie; kan jy jouself beslis eendag op daardie plek bevind ….

Maar kom ons kyk wat is God se kragtige, lewensreddende waarheid oor sy genade om daardie aanval van die duiwel aan te spreek:

Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

Ons geloof moet nooit, ooit gebaseer word op ons goeie werke om God te eer nie. Julle kan nooit julle redding verdien nie en die ‘goeie’ dinge wat jy probeer doen, gaan beslis van tyd tot tyd misluk. Ons geloof moet altyd, altyd gebaseer word op die offer wat Jesus aan die Kruis gebring het – want sy offer faal nooit nie.

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.