... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

As ons maar net …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 48:17,18 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos ‘n rivier, soos die golwe van die see.

Listen to the radio broadcast of

As ons maar net …


Download audio file

Ons moet elke dag baie besluite neem. Ons moet besluit of ons gaan goeddoen, en of ons ‘n kompromie sal aangaan oor wat ons voor ons siel weet, reg is. Gaan ons God hierdeur eer, of gaan ons ons rug op Hom draai?

Dit is nogal ontnugterend as jy so daaraan dink, nè? Al te dikwels dink ons nie deeglik oor hoe ons gaan optree nie. Ons reageer op die ingewing van die oomblik; outomaties. Jy vererg jou vir iemand en jy reageer oudergewoonte verkeerd deur hom toe te snou of om hom in stilte te verag (wat ook al jou voorkeur reaksie is.) Maar weet jy, of ons op daardie oomblik deur ons reaksie vir God eer of onteer, hoe dit ook al sy, dit gaan gevolge hê.

Die hele Ou Testament is die verhaal van Israel se stryd om God te eer en hoe hulle keer op keer jammerlik misluk. Nadat hulle telkens hulle rug op Hom gedraai en afgode aanbid het en alle geregtigheid en barmhartigheid laat vaar het, het God toegelaat dat hulle deur die Babiloniërs binnegeval en vir sewentig jaar in slawerny weggevoer was. Maar dit was nooit wat Hy vir hulle wou hê nie.

Jesaja 48:17,18 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos ‘n rivier, soos die golwe van die see.

As hulle Hom net geëer en gehoorsaam het, sou hulle God se seëninge in so ‘n oorvloed, soos die eindelose golwe van die see wat op die kuslyn neerstort, kon geniet. Maar hulle het nie, gevolglik moes hulle die gevolge van hul sonde dra.

Ons keuses het gevolge.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.