... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beheer Jou Gedagtes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

Listen to the radio broadcast of

Beheer Jou Gedagtes


Download audio file

Vrees is ‘n emosie wat niemand geniet nie. Beslis nie! Trouens, as dit van ons afhang, sou ons dit vir die res van ons lewe heeltemal vermy. Maar soms lei ons gedagtes en emosies ons direk in vrees se kloue in.

Daar is soveel idees, opinies en gelowe wat deesdae die ronde doen – baie van hulle is foutief, baie van hulle gevaarlik, baie van hulle is selfs vernietigend.

Dink aan die bevooroordeelde, partydige nuuskanale; of die bedrieglike aanloklike boodskappe van sekulêre kommersiële ondernemings wat daarop gemik is om ons van ons swaarverdiende ou geldjies te skei; of van die snert wat op die sosiale media in omloop is, wat samesweringsteorieë aanblaas … Ja, daar is soveel mense wat om die bos gelei word deur wêreldse idees wat beheer hulle oor hulle neem.

En daardie indoktrinasie lei tot een ding: Vrees. Daardie een emosie wat, as ons kon, ons dit ten alle koste sou vermy. So wat is die antwoord? Wat is die teenmiddel vir die chroniese vrees waarmee so baie mense leef?

Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

Wat ek en jy in hierdie wêreld, waar verdagte en ongegronde idees ons lewens probeer kaap, so broodnodig het, is wysheid. God se suiwer, ware en liefdevolle wysheid.

En ons gryp daardie wysheid aan deur God se opdragte, sy woorde –  met ander woorde, sy wysheid – bo die wêreld se sogenaamde wysheid te vrees, te respekteer en te eer.

Dit is nie altyd maklik nie, omdat die gedagtes, idees en filosofieë van die wêreld ons so knaend uitdaag en knolle vir sitroene verkoop.

Maar soos Charles Spurgeon eenkeer gesê het, die een wat God vrees, het niks anders om te vrees nie.

Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.