... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Breek met die Verlede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 5:8-10 Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek die Here jou God eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.

Listen to the radio broadcast of

Breek met die Verlede


Download audio file

Dis tragies wanneer sonde van geslag tot geslag oorgedra word. ’n Alkoholis se seun loop ‘n baie groter risiko om ook een te word. ‘n Kind wat mishandel is, is baie meer geneig om ook te mishandel en te misbruik wanneer hy groot word. Erfsonde wat so oorgedra word, is ‘n groot werklikheid.

Ek het ‘n wonderlike pa gehad wat ‘n dobbel-verslawing gehad het, waarvan ek as kind nooit bewus was nie. Dis iets waarteen hy my beskerm het en waarvoor ek hom ewig dankbaar sal wees, omdat hy dit nie aan my oorgedra het nie.

Maar dit is nie altyd die geval nie. Soos ons gesien het, word sonde dikwels van geslag tot geslag oorgedra. Ek wonder watter oorgeërfde invloed jy vandag beleef en watter stryd jy dalk ervaar.

Oordink dit in die lig van hierdie kragtige Woord van God in:

Deuteronomium 5: 8-10 Jy mag nie vir jou ‘n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek die Here jou God eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.

Net hier gee God ons die keuse om óf voort te leef met ons oorgeërfde sonde óf om die ketting te breek. Ons moet besluit om voort te gaan om die pyn en ellende van hierdie sonde op toekomstige geslagte oor te dra, of om deur ons bekering, ‘n bron, waaruit sy goedheid en seën sal vloei, te word. Wat kies jy?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.