... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Gesin is Belangrik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Josua 24:15 Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

Listen to the radio broadcast of

Jou Gesin is Belangrik


Download audio file

Elkeen van ons, moet een of ander tyd kies – óf om in Jesus te glo en Hom as Here te dien, óf om Hom te verwerp en ons eie pad te volg. Daar is geen middeweg nie.

Om Jesus te volg is ‘n keuse, wat ek hoop jy ook, soos ek, reeds gemaak het. Maar dit bly ‘n keuse wat ons voortdurend moet maak, dag vir dag, gedagte vir gedagte … in alles wat ons sê en doen, vir die res van ons dae hier op aarde. 

Deesdae is die neiging om selfsugtig te leef en meer aan jouself te dink, as aan jou gesin en familie. Ja, ek weet, sommige kulture is inderdaad familiegesentreerd. Maar hierdie Westerse lewenstyl met sy welvaart het sy tentakels so stewig om ons almal gevou, dat selfs mense in daardie kulture besig is om hul kollektiewe, familie-georiënteerde leefwyses te verloor.

Dis waarom hierdie Bybelvers so tydig is. Dit maak nie saak waar jy woon of uit watter kultuur jy kom nie, luister wat staan in:

Josua 24:15 Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

Maar weet jy, dat die besluit om God lief te hê en om in Jesus Christus te glo, en ons lewens vir Hom te leef, net soveel oor ons gesinne gaan, as oor ons as individue.

Jou gesin is baie belangrik vir God, baie belangrik! Jy moet kies wie jy en jou gesin sal jy dien!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Receive the FRESH devotional daily.

Dive deeper into God’s Word and grow closer to Jesus.

I want to receive God's Word FRESH daily!