... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Nuwe Manier om te Dink

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Listen to the radio broadcast of

‘n Nuwe Manier om te Dink


Download audio file

Kan ek jou vra: wat oorheers jou gedagtes? Waaraan dink jy onwillekeurig weer en weer? Jy sal met ‘n skok besef wat die antwoord van so ‘n onthullende oefening is, wanneer jy jouself afvra: wáároor jy dink.

Vir sommige mense is dit geld en finansiële sekuriteit. Vir ander, ‘n verhouding. Soms word ons gedagtes oorheers deur loopbaanaspirasies. Ander kere is daar ‘n enkele probleem wat ons in die gesig staar wat dikwels in ons gedagtes opduik. Wat is daardie ‘ding’ op hierdie oomblik vir jou? Wat oorheers jou gedagtes?

Dit kan ‘n bietjie konfronterend wees, as jy in Jesus glo en God liefhet, om te besef dat baie van jou denke oorheers word deur die dinge wat jy wil hê. Jy dink die meeste van die tyd aan die dinge van hierdie wêreld, eerder as dit wat God wil hê – sy wil vir jou lewe. Miskien is dit tyd om hand in eie boesem te steek?

Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Wat wil God vir jou hê? Wel, dit kan ‘n verskeidenheid van op- en afdraandes inhou. Maar wat ook al sy plan vir jou lewe is, jy kan absoluut seker hiervan wees: dat sy wil goed, perfek en volmaak is. Jy kan vir niks beter vra nie.

Indien jy dalk in jou gedagtes en verlange van Hom af weggedryf het, roep God jou vandag terug.

Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe – met ‘n nuwe manier van dink.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.