... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Rommel Beginsel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Listen to the radio broadcast of

Die Rommel Beginsel


Download audio file

Die idee dat Jesus gekom het om my te red, en om jou te red, klink party dae so baie na ‘n sprokie. Dink jy nie dat dit vandag, in die 21ste eeu, effens onwerklik voorkom nie? Aan die een kant is daar die realiteit van hierdie lewe en aan die ander kant die Jesus-lewe.

Toe ek die ander dag in my studeerkamer sit, het iets my getref.

Ek het ‘n snippermandjie onder my tafel waarin ek hoofsaaklik papier gooi. En dit is verbasend hoe vinnig dit vol word. Terwyl ek eendag besig was om rustig te werk, sien ek dit alweer begin oorloop! Waar kom al hierdie rommel vandaan?

En het jy al ooit gesien hoe vinnig vuilgoed in jou huis, in jou motor, of in jou agterplaas ophoop? Of wat van onder in jou yskas? Dit is asof rommel en vuilgoed natuurlike byprodukte van die lewe is. En tensy ons die mandjie leegmaak, of die motor skoonmaak, of die agterplaas opruim, of die yskas uitvee, sal ons net in ‘n konstante gemors leef.

En glo vir my, dieselfde beginsel geld ook vir ons lewens. Vullis en rommel blyk natuurlike produkte van ons onvolmaakte lewens, te wees.

1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

God het vir Jesus gestuur met die doel om ons lewens van die gemors, die rommel en die vuilgoed te reinig. Ons hou miskien nie daarvan om dit te erken nie, maar hierdie rommel is ‘n natuurlike produk van ons onvolmaakte lewens.

God noem dit sonde. En God se plan, om Jesus aarde toe te stuur, was sodat Hy die prys kon betaal, om ons gebroke lewens heel te maak – sodat Hy ons kan vrymaak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Receive the FRESH devotional daily.

Dive deeper into God’s Word and grow closer to Jesus.

I want to receive God's Word FRESH daily!