... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vullis Dromme

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Listen to the radio broadcast of

Die Vullis Dromme


Download audio file

Dit sal interessant wees om ‘n opname te maak van mense se gebedslewens – om vas te stel wat hulle bid. Vra hulle net vir God om in hulle behoeftes te voorsien? Wil hulle net hulle harte voor Hom uitstort? Vereer en aanbid hulle Hom? En, hier is die uitknikker hou: Bely hulle hul sondes voor God en vra Hom om vergifnis?

Ek wonder … Die ander oggend was ek vroeg op, en ek het by die lessenaar in my studeerkamer gesit met die venster oop en dit was vullis-verwyderings-dag. Jy kon die vragmotor in die straat hoor ry en hoor hoe die vullissakke gelaai word. Elke week, dieselfde tyd, dieselfde roetine. Maar jy weet hoe dit lyk en ruik as die vullis vir net twee of drie weke nie verwyder is nie! Kom ons erken dit – net deur te lewe, skep ons rommel; liggaamlik, emosioneel en  geestelik. Dit is ongelukkig ‘n natuurlike neweproduk van die lewe.

Maar ons wil nie daarvan praat nie. Ons smeer ‘n dun vernis-lagie van ordentlikheid bo-oor – jy weet, mooi klere, lekker huis, goeie werk, en dan wonder ons partykeer waarom die lewe so ellendig is! Jy kan nie die vullis wegsteek nie, die slegte reuk verraai die bron. Jy kan nie die sonde verberg nie, uiteindelik vergiftig dit jou lewe. Dit bring ons by die antwoord – sit dit uit, laai dit op en ry dit weg!

1 Johannes 1:9 gee ons die resep: Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Om ons sondes te bely, beteken om eerlik en opreg met God daaroor te wees, verantwoordelikheid vir ons sonde te aanvaar, teenoor God te erken dat ons skuldig is en vergifnis te vra. Wat sal gebeur as ons dit doen?

God vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Hoe weet ons dit? Omdat Hy getrou en regverdig is. Ons kan op Hom staatmaak om dit te doen. Raak vandag, môre en elke dag … ontslae van jou vullis.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge