... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Interessante Filosofie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

Listen to the radio broadcast of

‘n Interessante Filosofie


Download audio file

Ek het ontdek dat, toe ek Jesus aangeneem het, ek onverwags die kosbaarste geskenk bygekry het  – sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, wat Hy in my hart uitgestort het! Kyk net na hierdie diep filosofiese stelling: Jy moet glimlag en ‘n lekker dag hê. Dit sal diegene wat ander planne vir jou het, totaal en al frustreer. Weet jy wat het ek ontdek? Dit lyk asof daar is ‘n hele spul mense is wat my dag opsetlik wil bederf. Daardie klein ou vroutjie wat so stadig ry dat ek die groen verkeerslig mis. Die buffel in sy groot swart vierwielaangedrewe bakkie wat my forseer om op die geelstreep te ry, net sodat hy van baan kan verander. Daar is mense wat ons van ons vrede wil beroof. Maar Jesus het, net voor sy kruisiging in die tyd toe sy dissipels gevrees het vir hul lewens, ‘n vreemde ding vir hulle gesê in Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. As ek nou in Jesus se skoene was, sou die laaste ding waaraan ek gedink het, my vriende se gemoedstoestand wees. Hier is die kern van die saak: die vrede van God in Jesus Christus, die vrede wat Hy vir ons laat, die vrede wat Hy ons gee, is soveel groter as die mense om ons wat ons van daardie vrede wil beroof. Stop net, haal diep asem en laat hierdie waarheid insink. Moet dus nie ontsteld wees nie. Moenie bang wees nie. Aanvaar sy vrede as ‘n geskenk uit sy Hand. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge