... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ons is Almal Anders

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 4:10 Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Listen to the radio broadcast of

Ons is Almal Anders


Download audio file

Ons het elkeen daardie een persoon in ons lewens wat ons tot raserny dryf. Jy weet – daardie persoon wat, wanneer jy na hulle kyk of hul stem hoor, rys jou nekhare sommer. Een van die dinge in die lewe waarvan ek regtig hou, is dat ons almal anders is. Maar tog, is die feit, dat ons almal anders is, een van die mees frustrerende dinge…. En dit is nie verbasend hoe hierdie verskille ons die aapstuipe kan gee nie? ‘n Paartjie trou. Hy druk die tandepasta buisie van onder-af, maar sy druk die tandepasta van bo. Hy hang die toiletrol sodat die papier voor hang. Sy hang dit sodat dit agter die rol uitkom. Hy hou van motors. Sy is lief vir skoene. En dan word die prentjie nog meer gekompliseerd deur ander mense! Dit is genoeg om jou heeltemal gek te maak! Maar waarom laat ons toe dat ander mense se verskille ons irriteer? Miskien is dit omdat ons elkeen wil koning kraai op ons eie mishoop? As ek myself as so belangrik beskou, dan kan jy nooit goed genoeg wees nie. Kom ons wees eerlik; dis my trots wat my pootjie. Jakobus 4:10 Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog. Daardie stukkie wysheid van God gee ons heeltemal ‘n ander perspektief, nie waar nie? En dit gebeur dikwels wanneer ons sy Woord hoor of lees. God se wysheid loop gewoonlik lynreg in die teenoorgestelde rigting as die sogenaamde wysheid van hierdie wêreld. Nederigheid. Weet jy, ‘n snaakse ding gebeur as ons besluit om onsself te verneder – en verstaan my mooi – nederigheid is ‘n doelbewuste keuse. Skielik irriteer ander mense se swakhede ons nie so erg nie. Die verskille tussen ons word skielik kosbaar. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge