... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onversetlik Vasklou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 4:18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Listen to the radio broadcast of

Onversetlik Vasklou


Download audio file

As jy net om jou kyk, sien jy hoe mense se vernietigende gedrag, nie slegs hulle eie lewens nie, maar ook die om hulle verwoes! Dis maklik om die vinger na ander te wys, maar is ons bereid om in die spieël te kyk? Hmm?

Het jy al agtergekom dat jy, ten spyte van die feit dat jy weet dat jou gedrag vernietigend is, onversetlik daarmee voortgaan?

Ons doen dit almal somtyds. Ons gaan hardkoppig voort met ons verkeerde houdings en gedrag, asof ons hierdie keer ‘n positiewe resultaat gaan kry. Dis mos ons reg! Reg? Dit is totaal  irrasioneel! Ons gedra ons soos ‘n bulhond wat aan sy been vasbyt – ons wil net nie laat los nie. En dit beïnvloed uiteindelik nie net ons eie lewens nie, maar ook die lewens van die mense om ons.

Jesus het die boekrol van die profeet Jesaja oopgerol en hierdie woorde oor Homself gelees:

Lukas 4: 18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Vrylating van gevangenis? Laat ‘n mens dink . . .  So dikwels wil ons hê dat Hy ons moet bevry van ons omstandighede, van ander mense, of van finansiële probleme. Ons vergeet dat die eintlike ding, waarvan ons bevry moet word, onsself is!

Jesus is waarskynlik nou besig om jou bewus te maak van iets spesifieks waaraan jy vasklou. Kan ek jou aanmoedig om dit te bely en in sy hande te plaas. Moenie daaraan vashou nie. Laat dit gaan.

Laat Jesus jou vrymaak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge