... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die “Halo”

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:14-16 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Listen to the radio broadcast of

Die “Halo”


Download audio file

Heiligheid is ‘n konsep wat op verskillende tye in ons lewens verskillende reaksies van ons ontlok; soms vrees, ander kere minagting, ander kere ‘n gevoel van hopeloosheid. As ek jou sou vra: “Is jy heilig?” Hoe sou jy op hierdie oomblik reageer?

Ons het ‘n tydjie gelede opgraderingswerk op ons webwerf, christianityworks.com, gedoen. Gaan kyk gerus daarna.

Hoe dit ook al sy, die ontwikkelaars, almal in hul twintigs, het ‘n bietjie pret daarmee gehad. Hulle het ‘n halo bo my kop op die foto op die tuisblad gemaak. Ons het almal lekker gelag en toe sê ek vir hulle, sonder om doekies om te draai, om dit te verwyder!

Dis snaaks hoe jy soms grappenderwys die waarheid kan insien. Daardie klein sketsie, daardie klein halo-motief het my daaraan herinner dat, omdat ons na God se beeld geskape is en omdat God ‘n heilige God is, ons ook geroep word om heilig te wees.

Maar wat beteken dit eintlik? Hoe lyk dit?

1 Petrus 1: 14-16 sê: As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Ek kan julle nou ‘n teologiese definisie van heiligheid gee, maar ek verkies die praktiese uitleg wat hier deur Petrus gegee word. Om heilig te wees, beteken om die slegte dinge wat ons vroeër gedoen het, te laat staan en God te gehoorsaam in alles wat ons doen.

Op watter terrein van jou lewe vereer jy God nie? Op watter gebied moet jy heilig word?

Wees heilig, want die Here jou God is heilig.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge