... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vraat en die Dronkaard

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 11: 18,19 Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”

Listen to the radio broadcast of

Die Vraat en die Dronkaard


Download audio file

Een van die hartseerste dinge wat ek dwarsdeur die wêreld waarneem, is mense wat godsdiens beoefen en al die dinge doen, wat hulle dink God sal behaag, sonder om Hom ooit werklik te leer ken.   Stel jou die volgende prentjie voor: Jesus kom na die stad en hulle behandel Hom soos ‘n groot ster. Al die besighede en al die skole sluit. Boere kom van hul plase om Hom te hoor praat. Die skare verdring mekaar om Hom te hoor.   Hy is die Seun van God, maar dan, in plaas daarvan om na die plaaslike biskop se huis te gaan vir ete, gaan Hy na ‘n tollenaar se huis. Tollenaars was deur die Jode verag omdat hulle tolgeld vir die Romeine geïn het. Daarby het hulle dikwels hulle landgenote afgepers. Jesus verkies die geselskap van tollenaars; hy drink wyn en eet saam met hulle, terwyl hy die godsdienstige leiers, die belangrike manne in die stad, ignoreer. En hulle reaksie? Dit is hoe Jesus dit gestel het in: Matteus 11: 18,19 Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.” Die godsdienstige elite het Hom belaster. Dink net: Hy ignoreer hulle en kuier saam met die tollenaars. Dis ongehoord! Jesus het siekes en blindes genees, diegene wat verwerp is, liefgehad en melaatses aangeraak. Hy het selfs die dienskneg van ‘n Romeinse offisier genees. Dit is die rede waarom die godsdienstige leiers Hom gehaat het. Hierdie aardse, opregte Jesus-liefde het nie by hulle godsdiens en selfgeregtigheid ingepas nie. Hieroor het hulle beplan om Hom dood te maak. Hulle het Jesus gekruisig. Dit is wat godsdienstigheid uiteindelik doen. Dit kruisig Jesus. Wat verkies jy? Godsdiens … of Jesus? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge