... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Nie Wat Ek Wou Hoor Nie!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 21:33-39 “Luister na nog 'n gelykenis,” het Jesus gesê. “Daar was 'n grondbesitter wat 'n wingerd geplant en 'n klipmuur daar rondom gebou het. Hy het daarin ook 'n parskuip uitgekap en 'n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en op reis gegaan. Toe dit tyd geword het vir die druiweoes, het hy van sy slawe na die boere toe gestuur om sy deel van die oes te gaan haal. Maar die boere het sy slawe gevang, die een geslaan, en 'n ander een doodgemaak en 'n ander een gestenig. Die eienaar het toe weer ander slawe gestuur, meer as die eerstes, maar die boere het met hulle net so gemaak. Heel laaste het hy sy seun na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien. Maar toe die boere die seun sien, sê hulle vir mekaar: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood en vat sy erfenis.’ Hulle het hom toe gegryp en hom uit die wingerd uitgegooi en doodgemaak.

Listen to the radio broadcast of

Dis Nie Wat Ek Wou Hoor Nie!


Download audio file

Vandag wil ek graag ‘n storie wat Jesus vertel het, met jou deel. Maar voordat ons wegspring, onthou dit: Hy vertel ons dikwels dinge wat ons nie wil hoor nie. Sy liefde is ‘n baie spesifieke liefde, want Hy het gekom om ons vry te maak van die sonde wat ons lewens bedreig.

Kom ons lees dit in:

Matteus 21:33-38 “Luister na nog ‘n gelykenis,” het Jesus gesê. “Daar was ‘n grondbesitter wat ‘n wingerd geplant en ‘n klipmuur daar rondom gebou het. Hy het daarin ook ‘n parskuip uitgekap en ‘n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en op reis gegaan. Toe dit tyd geword het vir die druiweoes, het hy van sy slawe na die boere toe gestuur om sy deel van die oes te gaan haal. Maar die boere het sy slawe gevang, die een geslaan, en ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander een gestenig. Die eienaar het toe weer ander slawe gestuur, meer as die eerstes, maar die boere het met hulle net so gemaak. Heel laaste het hy sy seun na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien. Maar toe die boere die seun sien, sê hulle vir mekaar: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood en vat sy erfenis.’ Hulle het hom toe gegryp en hom uit die wingerd uitgegooi en doodgemaak.

Jesus is die seun van die grondbesitter in hierdie gelykenis. Hy het die mense met hul sonde gekonfronteer. Hulle wou dit nie aanvaar nie en daarom het hulle Hom laat kruisig. My vriend, wanneer Jesus jou die volgende keer met die sonde in jou lewe konfronteer, moet Hom asseblief nie verwerp nie. Ontvang sy liefde. Jou lewe hang daarvan af.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.