... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy Kan Daardie Bergpiek Bereik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:23, 24 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

Listen to the radio broadcast of

Jy Kan Daardie Bergpiek Bereik


Download audio file

Wanneer laas was jy gekonfronteer deur ‘n berg wat so hoog is, dat dit onmoontlik gelyk het om uit te klim? Onthou jy hoe uitdagend dit gevoel het? Jy het voor jou siel besluit dis eenvoudig onuitvoerbaar. 

In Mei 2016 het ‘n man vir wie ek groot respek het, na my toe gekom en gesê: “Ek dink die Here roep jou om ‘n daaglikse televisie-boodskap uit te saai.” Dit het my presies twee sekondes geneem om tot die gevolgtrekking te kom dat dit heeltemal absurd was. Ek het hom al die redes onder die son gegee waarom ek dit nie kan doen nie … maar teen die tyd wat ons klaar gesels het, het ‘n stemmetjie diep binne-in vir my gesê dat dit presies is wat ek moet doen.

En hier is ons vandag, sewe en ‘n half jaar later, op hierdie eerste dag van die nuwe jaar, op ons 2 500ste Fresh-boodskap. Dit behels twee en ‘n half duisend idees, draaiboeke, radio-opnames, televisie-opnames … een op ‘n slag.

Ek vertel dit nie vir jou om te spog nie, maar om jou aan te moedig … ‘n mens neem net klein treetjies om hoë berge te klim.

Kolossense 3:23,24 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

Ja, my vriend, die Here beplan beslis iets onmoontlik vir jou om te doen, iets vir jou om mee te begin. Wat dit ook al is, gryp dit met albei hande vas, doen dit vir die Here, een klein treetjie op ‘n slag. Want jou beloning kom uiteindelik van Hom af.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.