... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Dubbele Porsie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Konings 2:9 Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog 'n dubbele deel van u gees op my kom!”

Listen to the radio broadcast of

‘n Dubbele Porsie


Download audio file

Dit sou regtig lekker gewees het as die lewenspad sonder hobbels was, maar ons weet almal, dis nie hoe dit werk nie. Daar sal tye wees wanneer ons onder druk verkeer; maar wat laat ons dink dat ons nie dan die Here om sy hulp behoort te vra nie?

Jare gelede het ek nie in my wildste drome gedink dat God ooit iets prakties, soos om my byvoorbeeld te help as ek hulp nodig het, vir my sal doen nie.

Deesdae lei ek ‘n taamlik besige lewe, ek reis baie, ek skryf en vervaardig radio- en televisieprogramme. En hoe hard ek ook al probeer om balans in my lewe te hê, is dit soms nie moontlik nie.

Ek dink nou spesifiek aan een aand verlede week. Ek het eers middernag in die bed gekom, omdat ek die aand as spreker by ‘n geleentheid moes optree. Wat die saak nog vererger het, was dat ek die volgende oggend voor vyfuur weer moes vertrek om ‘n vliegtuig te haal.

Toe ek my kop op die kussing neersit, het ek gebid: “Here, U weet dat ek vanaand net ‘n paar uur se slaap gaan kry. En U weet hoe vlymskerp ek môre moet wees. Here, vanaand het ek ‘n dubbele porsie hulp nodig. En môre het ek ook ‘n dubbele porsie van u Gees nodig.”

En weet jy, ‘n paar minute voordat die wekker die volgende oggend sou afgaan, was ek al wakker, uitgerus en vol energie. Miskien dink jy ek is mal. Maar dit is God. Dit is wat Hy vir my doen as ek Hom vra.

In 2 Konings 2:9 staan: Net toe hulle deur (die rivier) is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog ‘n dubbele deel van u gees op my kom!”

Ek weet ons moet probeer om ‘n gebalanseerde lewe te lei. Maar nou en dan sal jy ‘n dubbele porsie hulp nodig hê. Moenie bang wees om te vra nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge