... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Klein Klippie in die poel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:30,31 Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.

Listen to the radio broadcast of

‘n Klein Klippie in die poel


Download audio file

Maak dit sin om mense, wat dit nie verdien nie, ordentlik te behandel? Sê nou dis iemand wat iets van jou gesteel het; moet jy hóm met respek behandel? Weet jy, waar God regeer, is dít een van die slimste dinge wat ons ooit kan doen. Daar was ‘n wonderlike restaurant in my woonbuurt. Dit was nie volmaak nie, maar sjoe, waar in die wêreld kry jy iets wat perfek is? Op ‘n stadium het die bestuur besluit dat hulle nie meer tevrede was met die ‘onvolmaakte’ kelners nie. Myns insiens, was hulle bekwame kelners, wat die gaste goed behandel het. Nou-ja, dit het ‘n kettingreaksie veroorsaak. Die kelners het geloop en die besigheid het agteruit gegaan. Is dit nie snaaks nie; waar die personeel goed behandel word, is hulle vriendelik teenoor die gaste en effektief in hul werk. Dit is soos om ‘n klippie in die dam te gooi en die rimpelings te sien. Wat sal gebeur as ons by onsself begin? As ek en jy teenoor meer mense vriendelik sou optree? En nie net teenoor die mense wat vir ons aanvaarbaar is nie, maar ook teenoor die onvolmaaktes. Jesus het dit so gestel in: Lukas 6:30,31 Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word. Om goedhartig te wees teenoor iemand wat iets van jou steel, klink nie baie wys nie. En dink net, wat sou die gevolge wees, as ons meer sou omgee vir die dief, as vir die ding wat hy gesteel het? Hoe anders sou hierdie wêreld gelyk het, as God die krag van sy liefde, deur my en jou kon vrystel? Stel jou voor hoe die rimpelings van transformerende liefde kan uitbrei na jou vriende, dan na hul vriende, oor ‘n stad, oor ‘n land, oor die hele wêreld heen. . . en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge