... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Swak Selfbeeld

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 4:18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Listen to the radio broadcast of

Swak Selfbeeld


Download audio file

Ek was my hele lewe lank bekommerd oor wat ander mense van my dink en ek het probeer om ‘n dapper front voor te hou. Maar diep binne in my het ek gevoel dat ek nooit so goed soos die volgende ou sou wees nie.

Die slim mense sal jou vertel dat meer as vyftig persent van alle mense aan ‘n swak selfbeeld ly. Dink net – vyftig persent. Dit is ongelooflik; dit is tragies, dat soveel mense, voel dat hulle tekort skiet, wanneer hulle hulself vergelyk met allerlei glansbeelde van sukses. Hulle voel dat hulle op een of ander manier nie voldoen aan die maatstawwe van hierdie wêreld nie.

Dit is ‘n knaende gevoel van ontoereikendheid, ‘n eensame woestyn van self-twyfel en onsekerheid, die vrees dat mense die waarheid sal agterkom – dat jy nie so goed is, as wat jy probeer voorgee nie. Dit vreet aan jou, dit is afbrekend, dit beroof jou van lewenskwalieit. Jesus het:

Lukas 4:18,19: “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

As jy kan vereenselwig met ‘n swak selfbeeld, het ek goeie nuus vir jou. Die een plek waar jy onvoorwaardelike aanvaarding sal vind; die een plek waar jy heeltemal vry kan wees, die plek waar jy kan ontdek wie jy regtig veronderstel was om te wees – dit is in Jesus.

Hy het gekom om vir jou goeie nuus te bring, jou vry te maak, om jou te help om jouself te sien, soos Hy jou sien. Jesus is die antwoord.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.