... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Besluite, besluite, besluite!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:12,13 In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God. Toe dit dag word, het Hy sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy ook apostels genoem het.

Listen to the radio broadcast of

Besluite, besluite, besluite!


Download audio file

Was jy al onder soveel druk dat jy nie geweet het watter kant toe jy moet spring nie. Het jy jouself al afgevra, waarom dit so moeilik is? ‘Hoe neem ek die regte besluit hier? As ek nou ‘n fout maak, sal dit my duur te staan kom.’

Soms kry ons met groot besluite te kampe; besluite wat die gang van ons lewens kan verander. ‘Moet ek met so-en-so trou? Moet ek hierdie huis koop? Watter loopbaan moet ek kies? Moet ek hierdie werk of daardie een aanvaar? Moet ek emigreer?’

Groot besluite kan opwindend wees, maar dit kan ook  vreesaanjaend wees. Maak jy die verkeerde keuse, en, nou-ja…. die gevolge kan rampspoedig wees. As ons maar net kon weet hoe die verskillende opsies hulself sou uitspeel.

Jesus het groot besluite geneem. Die twaalf dissipels, was die manne aan wie hy uiteindelik die nuwe Christelike kerk sou toevertrou. Die plan was om ‘n nuwe beweging te midde van ongelooflike onstuimige tye tot stand te bring, ‘n beweging wat duisende jare sou oorleef en floreer. Hmmm, watter manne om te kies? Hoe sou jy so ‘n keuse maak? Hoe het Jesus so ‘n keuse gemaak?

Lukas 6:12,13 In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God. Toe dit dag word, het Hy sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy ook apostels genoem het. (’83-vertaling)

Hy het dus na die berg gegaan en die hele nag daar gebly in gebed tot God. En toe die dag aanbreek, het Hy geweet watter paar uit die honderde wat Hom volg, Hy moes kies.

Waarom het Hy gebid? Weet jy, dis daar, in daardie stil, betekenisvolle tye wanneer ons alleen met God is, dat ons Sy stil, magtige en wonderlike stem hoor.

Dis waarom Jesus gebid het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.