... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Getroue Eggenoot

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 5:25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het

Listen to the radio broadcast of

Die Getroue Eggenoot


Download audio file

‘n Mens hoor die woord ‘liefde’ en die meeste van ons dink aan maanskyn en rose. Dit is mooi en klink pragtig, tot ons eerlik na die rolspelers kyk – een onvolmaakte persoon wat ‘n ander onvolmaakte persoon liefhet – dit vra noodwendig baie pyn en deursettingsvermoë. Om iemand lief te hê, kan ‘n gekompliseerde saak wees. Ek het op ‘n dag by die Bybel Kollege, waar ek onderrig gegee het, ‘n klas aangebied. Die onderwerp die dag was opregte liefde. Hoe kan ons die liefde wat Jesus aan die kruis vir ons betoon het, uitleef?   Een van die mans in die groep het vertel dat sy vrou deur menopouse gaan, en dat sy elke nou en dan ongelooflike irrasionele, emosionele uitbarstings het. Hy het gesê: “Weet jy, sy besef nie dat dit met haar gebeur nie.” ‘n Halfuur later sal sy terugkom en vra: “Het ek nou-nou ‘n uitbarsting gehad?” Maar weet jy, terwyl hy dit vir ons vertel het, het sy stem gebewe en kon jy die pyn in sy stem hoor. Lemand het hom gevra: “So, hoe hanteer jy dit?” Hy het geantwoord: “Weet jy, dit is nie maklik nie, maar ek het tot op die punt gekom, dat ek besef het dat dit nie haar skuld is nie, en as ek haar liefhet, moet ek net tjoepstil bly en haar deur die moeilike fase steeds liefhê.” Sy getuienis daardie dag, het ‘n blywende indruk op my gelaat. Sommige mense dink dat die huwelik ‘n verouderde konsep is. Maar as jy na hierdie voorbeeld kyk, sien jy dat daardie vrou, of sy dit besef of nie, getroue en wonderlike liefde van haar man ontvang… en dit kan geen geld ter wêreld koop nie. Efesiërs 5:25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. Hoe dit ook al sy, om iemand só lief te hê soos God liefhet, is nie maklik nie. Wees getrou, ten spyte van … Wees lief, ten spyte van … Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge