... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Geregshof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

Listen to the radio broadcast of

Die Geregshof


Download audio file

Dit voel ontsettend sleg om onregverdig behandel te word, nie waar nie? Daardie gevoel dat jy magteloos is om op te staan vir jou regte. Deesdae is dit wêreldwyd ‘n tendens dat mense aggressief van mekaar verskil en hulle regte wil afdwing. Dit raak soms nogal lelik, nie waar nie? ‘n Jong vrou het die ander dag vir my vertel dat sy in een van ons plaaslike howe werk en haar rol is om mense oor hul wetlike regte in te lig. Jy kan jou seker voorstel, dat sy partykeer baie negatiewe reaksies kry. Sy sê vir my: “Dit is soms so moeilik, maar ek probeer dit nie persoonlik opneem nie.” Ons leef in ‘n wêreld waar ons aandring op ons regte, of dit nou in die ry in die supermark of in ‘n hofsaal is. Dikwels, sal ons bo-oor iemand loop net om ons eie sin te kry. Tweeduisend jaar gelede het Jesus binne sewentien uur, vyf hofsake deurgemaak. Getuies het vals gesweer, die reëls van die hof is verontagsaam en tog, toe hulle Hom vra om Homself te verdedig en om op te staan ​​vir sy regte … het Hy dit nie gedoen nie. Hy het ​​in stilte daar gestaan, terwyl die grootste onreg gepleeg is. Hulle het Hom geslaan. Hulle het op Hom gespoeg. Hulle het Hom gekruisig. Dit wil voorkom asof Hy bereid was om sy regte op te gee. Vir wie? Johannes 15:13  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Hy het dit vir jou en vir my gedoen. Hy het dit gedoen omdat Hy geweet het, dat dít die prys is, vir jou rebelsheid en myne, vir jou sonde en myne, die prys wat God vereis – die dood. Hy het geweet, dat Hy die enigste een was, wat dit vir jou en my kon betaal. Daar is iets in hierdie wêreld wat baie, baie … baie groter, baie, baie … baie belangriker is, as ons regte. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge