... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vrug van Geduld

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:3-6 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.

Listen to the radio broadcast of

Die Vrug van Geduld


Download audio file

Kan ek jou vandag ‘n ongemaklike vraag vra? Hoe hanteer jy swaarkry? Nee, wag, dis nie al nie! Sukkel jy daarmee om te midde van lyding God te vertrou? Voorspoedige tye kom, voorspoedige tye gaan. Probleme kom … en soms lyk dit of hulle aanhou en aanhou … en aanhou! Ons worstel met hulle. Ons pleit by God om hulle weg te neem. Ons verloor moed, ons wil handdoek ingooi … Here WAT maak U? Maar het jy al ooit gedink dat God dit vir jou eie beswil doen? En dat ons besig is om téén Hom te werk, eerder as om saam met Hom te werk? Ons saboteer dit wat Hy so hard probeer om in ons lewens te bewerkstellig! Romeine 5: 3-6 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. Hier is die kern van die saak. Ons kry eers vrede in ons hart, wanneer ons gedurende daardie swaar tye besluit om op God te vertrou en te glo dat Hy weet wat Hy doen. As ons geduldig aan God vashou, kry ons hoop – regte, rotsvaste hoop, wat ons nooit teleur sal stel nie en dan kom die Heilige Gees skielik en stort die liefde van God wat daar in Jesus Christus is, in ons harte uit. Dit is die vrug van geloof. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge