... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Besluit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:22 Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.

Listen to the radio broadcast of

Besluit


Download audio file

Kom ons kyk, as jy vandag moet sê, op ‘n skaal van nul tot tien, hoe naby aan God voel jy? Tien is ‘n ryk, intieme verhouding met Jesus. Nul is … dit is ‘n miljoen kilometer ver. Dink nou –  hoe naby voel jy regtig nou aan Hom?   Daar is soveel mense, wat jare gelede ‘n wonderlike verhouding met Jesus gehad het. Maar weet jy hoe dit gaan? Die daaglikse druk van werk, familie, kinders … die een ding het tot die ander gelei, en dit wil nou voorkom asof hierdie Jesus ‘n miljoen kilometer ver van jou af is. Was dit ooit eg? Is Hy nog daar? Die ergste van alles is, dat ons al hoe verder van Hom af wegbeweeg het. Voor ons onsself kan kry, het ons weer in ons ou slegte gewoontes – dink jy ek kan maar die s-woord gebruik? – ja, in ons ou sondes verval. Ek wonder, ken jy so iemand? Miskien is dit dalk belangrik om weer vir jouself  te vra hoe jou verhouding met God lyk? Bely jou sonde in opregtheid, kry jou verhouding met Hom reg: Romeine 6:22 Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. Vriend, luister na my. Jesus het gesterwe om vir al jou sondes te betaal en vir jou ‘n splinternuwe lewe te gee; ‘n lewe wat vry is van daardie ou sondes. ‘n Nuwe lewe waarin jy vir Hom en net vir Hom leef. Glo jy dit of nie? Wel, as jy dit glo, is dit tyd om te besluit. Kyk, ek en jy kan al die verskonings onder die son maak … besig, druk, verantwoordelikhede. Nee man, hou op om jouself te bluf en verskonings te maak. Besluit. Besluit om jou lewe net vir God te leef. Besluit om Hom lief te hê, besluit om Hom te eer, besluit om jouself te verootmoedig. Dan besluit jy dat jy van nou af, met elke asemteug wat jy neem, elke tree wat jy gee, vir Hom en Hom alleen lewe. Jesus is die weg na die Ewige Lewe. Besluit. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge