... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

En So Gaan Die Lewe Op die Ou Trant Voort

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:40 Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.

Listen to the radio broadcast of

En So Gaan Die Lewe Op die Ou Trant Voort


Download audio file

Binnekort sal Kersfees vergete wees, daardie sterretjies en rendiere op die kalender sal vervaag. Ons sal maar net almal aangaan met die lewe. Maar wat dan?

Nege-en-negentig persent van die lewe – joune en myne – gaan oor ‘vasbyt en voortbeur.’ Vir die meeste van ons is dit ‘n konstante ritme van ‘n vyf-dag werksweek en ‘n twee-dag-lange naweek. Die roetine word later vir ons ure en ure se harde werk met sulke stukkies rus tussen-in wat ons “vakansies” noem.

Nouja, dit verander mettertyd, maar die meeste mense se lewens is maar slegs ‘n variasie op hierdie basiese tema. Die lewe gaan aan. . . En dit was ook die geval met Jesus. 

Ja, ek weet Hy en sy ouers moes op God se opdrag na Egipte vlug om die kindermoord van Herodes te ontsnap. Maar sover ons weet, het die lewe hierna, op ‘n alledaagse patroon in Nasaret voortgegaan. Ons hoor bykans niks van Jesus se grootwordjare nie. Hier is een van die min verse wat na daardie tyd in sy lewe verwys:

Lukas 2:40 Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.

Hierdie oënskynlik onskadelike versie bevat soveel krag. Hy was in sy pa se timmermanswinkel besig om ‘n ambag te leer maar: Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.

Wat het God gedoen? God was besig om Hom te seën!

Ons het sekerlik almal al vervelige, onbeduidende tye in ons lewens ervaar; tye waar ons ver weg van die kalklig, as ‘n vakleerling in ons eie weergawe van daardie timmermanswinkel, weggesteek was. Maar weet jy, selfs daar, ja, veral daar, kan jy weet dat God ‘n plan vir jou lewe het, net soos Hy vir sy Seun gehad het!

God het ‘n plan om jou te ontwikkel, om jou tot volwassenheid te laat groei, om jou met wysheid te vul … om jou te seën! Dis sy plan!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.