... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Fokus op die Einde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Listen to the radio broadcast of

Fokus op die Einde


Download audio file

Wel, die eerste week van die jaar is amper verby. Sê my, wat is jou plan vir die tweede, die derde, die vierde week? En nog belangriker, wat dink jy is God se plan vir jou lewe?

Dis nou ‘n interessante vraag. Ons kan so besig raak met ons eie hoop en drome, dat dit nie eers in ons gedagtes opkom dat God ook hoop en drome vir ons lewens koester nie. Watter ouer het nie?

Dink jy nie dat God baie hoop, drome en planne vir jou lewe het nie? Dink net wat Hy alles vir jou gedoen het: Hy het jou nie net geroep nie, Hy het jou vergewe deur die dood van Jesus aan die Kruis en deur sy opstanding uit die graf boonop vir jou ‘n nuwe en ewige lewe geskenk. Die apostel Paulus skryf aan sy vriende in Filippi:

Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Ek wonder of ons nie in daardie een vers God se plan vir jou lewe ontdek het nie? Hy het inderdaad deur jou geloof in Jesus, ’n goeie werk in jou begin: Hy het jou na Homself geroep, Hy’t jou skoon gewas van jou sonde en jou met sy Heilige Gees, sy Teenwoordigheid wat in jou woon, gevul.

En wat is sy plan? Om daardie wonderlike werk te voltooi. Om voort te gaan om jou te verfyn, jou te laat groei, en jou nog nader te trek deur die op- en afdraandes wat Hy vir jou lewe beplan het. Ja, om sy goeie en magtige werk in jou te voltooi, totdat jy tot in alle ewigheid in sy teenwoordigheid kan jubel.

So, moenie deur allerhande dinge afgelei word nie. Hou jou oog op sy einddoel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.