... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onbeperkte Rykdom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 3:8  Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig.

Listen to the radio broadcast of

Onbeperkte Rykdom


Download audio file

Het jy al ooit gevind dat jy voortdurend bid vir dinge wat jy nodig het – dinge soos jou finansies, jou gesondheid, ‘n deurbraak hier of daar –  en op ‘n dag besef jy dat jou gebedslewe ‘n inkopielys geword het? Daar moet sekerlik tog meer as dit wees.  Sekerlik.

Stel jou voor dat iemand vandag na jou toe kom en vir jou onbeperkte rykdom aanbied. Dink net ‘n oomblik daaraan  – onbeperkte rykdom. Dit beteken rykdom sonder grense of perke.

Nie net twee miljard Rand nie. Nie net tien of honderd miljard nie … maar rykdom sonder beperking. Hoe sal dit jou lewe verander?

Die meeste mense werk hard om vooruit te gaan. En die meeste van ons voel dat daar nooit genoeg is nie. Dit is nie asof ons baie meer wil hê nie, maar net so tien persent sal help . . . Dit sou die druk verminder, nie waar nie? Maar ek wonder … of ons nie die pot heeltemal mis gesit het nie.

Efesiërs 3:8 Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig.

Die apostel Paulus het aan sy vriende in Efese geskryf, dat die rede waarom hy reis, was om die nuus oor die grenslose rykdom van Christus, aan die heidene te bring – dit is aan jou en aan my.

My hart wil uit my borskas spring as ek lees van die grenslose rykdom van Christus. Ek het vir die eerste helfte van my lewe die rykdom van hierdie wêreld nagejaag. Ek het eers op ses-en-dertig-jarige ouderdom hierdie Jesus, wat bereid was om vir my te sterf, ontmoet.

Die beskrywing is so gepas. Daardie woorde is so waar. Die rykdom wat ons in Christus en deur Christus het, is werklik onbeperk.

Die dinge van hierdie wêreld is sekerlik lekker. Maar die grenslose rykdom van Christus… halleluja!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag