... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vertrou Volkome op die Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Listen to the radio broadcast of

Vertrou Volkome op die Here


Download audio file

Het jy al opgelet dat wanneer jou motor ‘n slaggat tref, of jy op ‘n onverwagte skerp draai afkom, dit jou so ontwrig dat jy ‘n bietjie verskrik en bewerig voel? Sê my, begin jou geloof ook soms skielik onseker en wankelrig voel?

As jy dit wel ervaar het, wil ek jou troos; jy is nie alleen nie. Dit gebeur met ons almal. Dit gebeur beslis met my. En daar is ‘n rede daarvoor. Omdat God wil hê ons moet groei in volwassenheid, laat Hy toe dat ons toenemend deur omstandighede, wat ons geloof verdiep, uitgedaag word. Dit veroorsaak dat ons op ons tone bly en op Hom vertrou sodat ons geloof kan toeneem.

Daardie slaggate, daardie skerp draaie; daardie onverwagte gevare langs die pad, laat ons besef hoe afhanklik ons van God is. En my vriend, wanneer jy besluit het om Jesus te volg en jy skielik nie meer die land kan sien nie en jou lewensbootjie wil sink. … is dit presies die tyd wanneer jy leerbaar is. 

En wat doen jy in daardie situasie?

Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

As jou bootjie wil omslaan en jy besef dit is te laat om te roei,  wanneer jy dinge nie verstaan nie, help dit nie om op jou eie begrip te steun nie. Wat is die alternatief?

Erken Hom in alles wat jy doen, eer Hom in elke gedagte, woord en daad en hou aan om goed te doen, ten spyte van die vrees dat jy sal misluk. God beloof Hy sal jou die regte pad laat loop.

Vertrou volkome op Hom. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.