... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vestings

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Listen to the radio broadcast of

Vestings


Download audio file

Dit is snaaks hoeveel blinde kolle elkeen van ons het. Ons kan hulle natuurlik nie self raaksien nie. Dis die rede waarom hulle blinde kolle genoem word. Maar ons ervaar die gevolge daarvan. O ja. En hulle maak seer! Het jy al ooit opgemerk hoe maklik ons ​​aan idees en opinies kan vasklou wat (a) nie so rasioneel is nie en (b) nie so nuttig is nie? Neem byvoorbeeld die idee van: ek weet die beste. Ek moet die hele tyd my sin kry. Dis net logies dat niemand van ons altyd reg is nie, en as elkeen van ons daarop aandring om elke keer ons eie sin te kry, sal dit chaos afgee. Tog klou ons steeds aan ons eie opinies vas. Selfsug is nog ‘n blinde kol. Ons is tog so goed om dit te ontken. Hoogmoed is nog ‘n grote wat ons leerproses blokkeer. Ons het almal sonder uitsondering, etlike blinde kolle in ons lewens wat ons teen God se wysheid laat vasskop. Hy noem daardie plekke “vestings”; vestings van die intellek wat teen God in opstand is om hulself teen Hom te verdedig. Maar Hy wil jou met sy bonatuurlike krag bevry van vestings wat jou lewe verwoes.   In 2 Korintiërs 10: 3-5 lees ons: Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ek wil vestings die dinge noem waaraan ons regtig styf vashou. En die hartseer ding daarvan is dat, terwyl ons daaraan vashou, ons hande nie vry is om die seëninge wat God ons wil gee, te ontvang nie. Ondersoek jouself: watter vestings, watter trotse struikelblokke het jy wat jou van God weghou? Is jy bereid om dit neer te lê? Sal jy elke gedagte gevange neem en dit aan Christus gehoorsaam maak? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge