... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vasgevang in Sukses

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 146:7,8 Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.

Listen to the radio broadcast of

Vasgevang in Sukses


Download audio file

  Wat is jou doel in die lewe? Wat is die hoofdoel, die wedstrydplan? Sê vir my, as jy dit in een woord moet opsom, oukei, een sin dan, wat sou dit wees? Sukses. Wat dit ook al is, wat dit ook al beteken, dit klink so mooi. Sukses. Ek en jy het waarskynlik nie dieselfde doelstellings vir ons lewens nie; ons strewe moontlik daarna om verskillende dinge te bereik, want ons is anders. Maar wat ook al ons drome is, ons wil dit bereik! En waarom sou ons nie? Ons wil almal terugkyk op ons lewens en die gevoel hê dat ons suksesvol was. Daar is niks daarmee verkeerd nie, behalwe as ons ons sukses laat bepaal deur dit, wat ander mense van ons dink. Dit gebeur so maklik dat ons gevangenes van ons eie sukses word in die wedloop om ander te beïndruk. Dis soos ‘n koning wat nie buite sy eie paleismure in die straat kan stap nie. Kyk wat sê God hieroor in: Psalm 146: 7,8  Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief. Sukses is lekker, maar God het jou nie op die aarde geplaas om suksesvol te wees nie. Jesus het nie aan die Kruis gesterf om jou suksesvol te maak nie. Hy het gesterf en weer opgestaan ​​om jou te help, om jou te voed, om jou vry te maak. Hy het dit alles gedoen sodat jy sy verlossingsplan kan verstaan en jou eie maak. Ek gee toe, om sukses te smaak, is lekker. Maar dit is nie die belangrikste wedstryd wat jy ooit in jou lewe gaan speel nie. Jesus het gekom om jou vry te maak.. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge