... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die duur horlosie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

Listen to the radio broadcast of

Die duur horlosie


Download audio file

Ellendige armoede is so deel van die lewe, dat ons baie maklik besluit, dat niks wat ons kan doen, ‘n verskil sal maak nie. En dit is natuurlik ‘n maklike gevolgtrekking om te maak, as jy nie eintlik ‘n oorvloed geld het nie.

Ek het so pas van die roltrap in die winkelsentrum afgestap en verby ‘n juwelierswinkel geloop. Daar was ‘n gewapende wag buite en die koeëlvaste glasdeur was goed gesluit en gegrendel. ‘Dit lyk aanloklik,’ dink ek by myself. Toe kyk ek na die ware in die venster. ‘n Manshorlosie het my oog gevang. Sjoe, slegs 17duisend 500 $ dis oor die R300 00.  Aardetjie, dis ‘n winskoop! Ek sal sommer twee koop! Wag ‘n bietjie, is dit nie belaglik nie?

Ek dra ‘n goeie horlosie, maar dit kos nie eers naastenby ‘n aks van die prys van die luukse een agter die koeëlvaste glas nie! Kom ons beskou die saak eerlik. Dit is bisar! Dit is nie meer effektief as my goedkoop horlosie nie. Nee jong, dit gaan oor die handelsmerk waarmee die koper kan spog. Dis ondenkbaar dat ons derduisende rande aan weelde artikels sal spandeer, en dit terwyl miljarde mense in ellendige armoede leef, of hoe?  Sekerlik nie!!

Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense. Koning Salomo praat van ‘n gesindheid van vrygewigheid en barmhartigheid: hierdie wete dat ek genoeg het, nee, meer as genoeg het, om te deel. Kan ek jou vra – ja, ek besef dat ek dalk op tone kan trap, maar ek sal dit in elk geval vra! Is jy mededeelsaam? Leef jy jou lewe met ‘n oorvloed mentaliteit? Deel jy vrylik uit aan die armes? As jy nie barmhartig is nie, moet jy nie seën verwag nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge