... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus is die Weg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Was jy al ontsteld oor die houding van sekere Christene wat beweer, dat dít wat hulle glo, suiwerder is, as dít wat jy glo? Watter reg het hulle om hul verouderde godsdienstigheid op my te probeer afdwing? Toemaar, jy is nie die enigste nie. Is dit nie verskriklik as mense hul idees in jou keelgat probeer afdruk en jou vertel wat om te dink nie? Maar daar is dié een ding, wat my geweldig ontstel. Verskoon my, maar ek moet dit van my hart af kry. Deur die geskiedenis heen het mense se idees oor dinge verander. Filosowe, teoloë en inderdaad gewone mense, soos ek en jy, was op soek na ‘die waarheid’. Hulle het geredeneer as hulle dit vind, hul lewens sal verbeter. Nou-ja, maak nogal sin. Of hoe? Deesdae het ons die idee van absolute waarheid verwerp. Jou waarheid is jou waarheid, my waarheid is my waarheid, en as jou waarheid vir jou werk, mooi so! Dis wat ons dink. Nee, my vriend, wat ek nou uit die Bybel gaan aanhaal, kan vir sommige mense ‘n bitter pil wees om te sluk. Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. Die waarheid is dat God jou so liefhet, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het, om aan die kruis te sterf, om die prys vir jou sonde te betaal. En dieselfde Jesus sê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. Dit is die kern van die saak! Daar is geen ander manier nie! Ek weet dit kan moeilik wees, maar dit is die waarheid. Jy het nou die geleentheid om op Jesus te vertrou, ‘n verhouding met Hom te hê, om Hom te vra om die gemors in jou lewe uit te sorteer. Maar weet jy, daar sal ‘n dag kom wat jy nie meer hierdie geleentheid het nie. Dis jou keuse: Neem sy uitnodiging aan, of ploeter voort. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge